VIA: abc.net
A small but potentially growing number of WA public schools are banning homework for primary students so they can spend more time relaxing, reading and playing.
At least four schools have introduced official “no homework” policies — all they ask of students is to read a little each night, preferably with their parents.
They argue homework is of no benefit to younger children and can even be detrimental because it gets in the way of important family and recreation time, which allows children to recharge their batteries after a busy day of learning at school.
It could be the start of a quiet revolution, with a number of other schools watching closely before taking the leap themselves.
Benefit of homework questioned
Bramfield Park Primary School, in the Perth suburb of Maddington, introduced its no homework policy last year, but it came with strings attached.
Principal Jayne Murray said the school wanted children reading or being read to every night, getting out and playing rather than being glued to a screen, and also getting a good night’s sleep.
“They work really hard when they’re here everyday. They’re on task, they’re really learning a lot, so we think after school is a time to do something else, not be on their screens but get outside and play.
“It’s a stress for parents, it’s a stress for teachers.
“Finding that time to sit down with your child is difficult if you’re busy.”
She said only a small number of parents requested homework for their children and the school directed them to online learning resources including ABC Reading Eggs and Mathletics, or encouraged them to get a tutor.
‘We don’t need our children to be busy’
Newly opened Southern Grove Primary School, in the south Perth suburb of Southern River, introduced its no homework policy this year.
Currently the school only has kindergarten and pre-primary students, but the policy will apply to Years K-6 next year.
Principal Rebecca Burns said the decision was research-driven and the school had decided to foster a love of reading instead. “I would like them to be playing board games, I would like them to be outside doing some physical activity and sport, playing with their friends and also just having that down time.
“We need them to be able to relax, have a break and just be themselves.”
Other schools adopting a similar approach include Honeywood Primary School in the outlying Perth suburb of Wandi and Bletchley Park Primary School in Southern River, where homework was banned 11 years ago.
But after a recent review, Bletchley Park has approved limited homework, allowing spelling lists, times tables, and project work for the final term in Year 6, to better prepare students for high school.
Moedertaalonderrig – die suksessyfers
VIA: afrikaans.com
Skole met onderrig in Afrikaans as moedertaal het ‘n jarelange rekord van deurlopend uitstekende prestasies in die matriek-eindeksamen. SOS, die Skoleondersteuningsentrum (Solidariteit) se 2017-oorsig van matriekuitslae skryf dit toe aan ‘n kombinasie van internasionaal bewese faktore: die bepalende invloed van moedertaalonderrig, gehalte van onderwys en onderwysopleiding en leerderingesteldheid op leerderprestasie.
Dit skep vir leerders aan ‘n Afrikaanse moedertaal-skool* ‘n vrugbare, opvoedkundige tuiste, waar die suksesvolle afhandeling van ‘n skoolloopbaan feitlik gewaarborg is, en is die Afrikaanse skole ook beduidend meer suksesvol om “deure tot B-graadstudies vir leerders te open as ander skole in die land” ,aldus die SOS-verslag.
* SOS definieer Afrikaanse skole as dié wat Afrikaans Huistaal as vak aanbied; dus alle Afrikaans enkelmedium-, parallelmedium- en dubbelmedium-skole. In 2017 was dit 10,1% van alle hoërskole in die land.
Prestasie en sukses deur moedertaalonderrig gaan nie ongesiens verby nie
Daar woed steeds ‘n fel debat in Suid-Afrika oor die voordele van moedertaalonderrig. Op universiteitsvlak is Afrikaans reeds dramaties afgeskaal en feitlik al die land se universiteite het heeltemal verengels.
Jean Oosthuizen berig op die nuwe Afrikaans-Nederlandse webwerf Voertaal oor die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, se onlangse uitlating tydens ‘n mediakonferensie oor die stand van basiese onderrig in Suid-Afrika.
Sy sê dat Afrikaans een van die land se mees ontwikkelde Afrikatale is en dat die regering inderdaad geen planne het om dit af te skaf as taal van onderrig nie.
Haar uitlating volg op toenemende druk uit sommige oorde dat Afrikaans as onderrigtaal in alle staatskole deur Engels vervang moet word.
Die toekoms van Afrikaans as onderrigtaal is opnuut in die kollig nadat die hooggeregshof ‘n versoek deur die Gautengse Onderwysdepartement tersyde gestel het dat die Hoërskool Overvaal in Vereeniging (wat ‘n Afrikaansmediumskool is) verplig moet word om 55 bykomende Engelse leerders te aanvaar.
“Afrikaans kan nie net weggegooi word nie.”
Motshekga sê daar is ‘n plek vir almal en elke taal in Suid-Afrika. Sy sê Afrikaans is nie net Afrikaners se taal nie, want daar is meer mense wat nie wit is nie wat Afrikaans praat en die taal moet bewaar word.
Sy het vrese besweer dat Afrikaans as onderrigtaal op skole afgeskaf sal word. Sy sê niemand het nog die reg vir Afrikaans om as ‘n taal te bestaan bevraagteken nie. Meer as die helfte van die bevolking in die Wes-Kaap praat Afrikaans. Motshekga sê Afrikaans het al die vereistes vir ‘n onderrigtaal.
Die voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, Conrad Steenkamp, sê ‘n Veldtog teen Afrikaans berus op ‘n foutiewe stereotipe van Afrikaanssprekendes en Afrikaanse skole.
“Ons moet ook praat oor die onbedoelde gevolge van ‘transformasie deur Engels’. Wie word deur verengelsing bevoordeel en wie word benadeel? Wanneer sluit taal in en wanneer sluit dit uit? Hoe pas taal en meertaligheid in by die Suid-Afrika wat ons almal wil hê? Hoe rym dit alles met internasionale beste praktyk?”
Die bestuurder van die Suid-Afrikaanse Onderwysersontwikkelingstrust in die Wes-Kaap, Danie van Wyk, sê die tyd het aangebreek vir ‘n gesprek oor onderwys, veral Afrikaanse onderwys, “Dit moet help om Afrikaans en Afrikaanse onderwys te depolitiseer en te destigmatiseer. Ons kan nie toelaat dat Afrikaans as ‘n konserwatiewe eksklusief Afrikaner-reaksionêre taal voorgestel word nie.
“My deurlopende betrokkenheid by skole – veral bruin Afrikaanse gemeenskappe – het getoon dat Afrikaanse moedertaalonderrig die beste oplossing is vir die swak prestasie van baie van ons kinders.”
Twee bruin skole wat veral beïndruk het met Afrikaans, was die sekondêre skole Tafelsig en Aloe in Mitchells Plain. Tafelsig het die toekenning ontvang as skool wat die beste in Afrikaans as huistaal in die Wes-Kaap presteer het. Aloe se uitslae het met 50% verbeter, omdat hulle op moedertaalonderrig gefokus is.
Van Wyk sê dit is ‘n wanopvatting dat Afrikaanse onderwys uitsluiting, diskriminasie en eksklusiwiteit beteken.
Lees die volledige artikel hier.
Sukses deur moedertaalonderrig
Enkele van die Afrikaanse skole se prestasie-hoogtepunte uit die SOS-oorsig sluit in:
Om die volledige verslag te lees, klik hier.
Internasionale Moedertaaldag – 21 Februarie 2018
Hierdie spesiale dag is in 1999 deur UNESCO ingestel om mense bewus te maak van die belangrikheid van moedertaalonderrig en veeltalige opvoeding.
Op 17 November 1999 het UNESCO (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) die heel eerste Internasionale Moedertaaldag aangekondig. Sedertdien word Moedertaaldag elke jaar op 21 Februarie gevier. Die datum verteenwoordig die gebeure op 21 Februarie 1952 toe vier jong studente in Dhaka, die hoofstad van Bangladesj, dood is weens konflik tussen Bengali- en Urdu-sprekers. Die studente het geveg vir die reg om in hul moedertaal gehoor te word, en die datum is ook tot openbare vakansiedag verklaar in Bangladesj.
Internasionale Moedertaaldag beklemtoon die belangrikheid van moedertale regoor die wêreld en moedig mense aan om ingelig te wees oor hul moedertaal en die belangrikheid van moedertaalonderrig en laat val die fokus op die bewaring van kultuur en erfenis.
Afrikaans.com se interaktiewe lekker-lees Moedertaalonderrig-blad is beskikbaar! Hier beantwoord ons jou vrae oor hoekom moedertaalonderrig so belangrik en broodnodig is vir toekomstige sukses, vertel jou meer oor veeltaligheid en besweer sommer ook ‘n paar bekommernisse en mites oor moedertaalonderrig. Ons nooi jou uit om jou vrae te vra sodat ons die kundiges kan raadpleeg en saam met jou ons kennis oor hierdie belangrike onderwerp kan uitbrei in ons strewe na suksesvolle opvoeding en opleiding vir ons kinders in ‘n veeltalige, multikulturele land.
Technology in the classroom has huge benefits