Moyo bied ‘n geïntegreerde, tema-gebaseerde benadering tot onderrig en leer in die Grondslagfase (Grade R-3). Deur hierdie geïntegreerde benadering word leerders toegerus met die kennis, vaardighede en waardes wat vereis word in hul eerste skooljare. Die doel van ons reeks in om leerders in die Grondslagfase voor te berei en te ontwikkel vir verdere, meer formele leer in primêre grade.
Die reeks is gebaseer op die Nasionale Kurrikulum van Namibië en verseker dat die voorgestelde inhoud vir Grade R-3 gedek, gekonsolideer en hersien word. Moyo poog om van ‘n vroeë ouderdom af, ‘n liefde vir leer in leerders te ontwikkel. Daarom is genot ‘n fokus van die reeks.
Ons neem die beginsels van integrasie, progressie en infusie in ag om sodoende ‘n gladde en gemaklike oorgang tussen temas, vakke, inhoud en grade daar te stel.
Moyo is toegewy daaraan om gehalte hulpbronne vir onderrig en leer in Namibië te voorsien.
Moyo vir jou. Moyo vir elke kind. Moyo vir ons land!
